Man wat glo elektriese kabels sny se liggaam tussen 2 substasies gevind

Lees ook :

Foto: Polokwane Weekly

LIMPOPO. – Die liggaam van ’n man is Saterdagoggend op die hoek van Staal- en Riverstraat in Ladanna, Polokwane, tussen twee mini- elektriese substasies gevind. ‘n Geregtelike doodsondersoek is by Westernburg-polisiekantoor geregistreer.

Luidens ‘n verklaring van die polisiewoordvoerder, brig. Hlulani Mashaba, is polisiebeamptes kort ná 07:00 na ’n klagte ontbied oor ’n persoon wat glo tussen twee substasies vasgekeer was. Met hulle aankoms op die toneel is ‘n liggaam aangetref. Voorlopige waarnemings het getoon dat drie elektriese kabels onder een van die substasies gesny is, terwyl ’n boutsnyer en ’n paar handskoene langs die liggaam aangetref is.

Alle rolspelers was op die toneel teenwoordig. Die identiteit van die oorledene is in hierdie stadium onbekend en die ondersoek duur voort om die omstandighede van die voorval te bepaal.

Volgens Polokwane Weekly het die voorval naby Bosveld Scrap Metal plaasgevind.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief