Man wat meisie aan die brand steek lewenslank gevonnis

Lees ook :

Foto: Justice For Yesh

WES-KAAP. – Darren Kershaw is ‘n lewenslange vonnis in die hof opgelê, nadat hy op 9 Augustus 2017 sy meisie, Yeshnee Kuni (33), tydens ‘n argument aan die brand gesteek het. Sy het aan haar beserings beswyk.

Anelisiwe Manyana, polisiewoordvoerder, sê die paar was by hulle huis in Burgundy Estate buite Kraaifontein waar hulle gebraai en alkoholiese drankies gedrink het. ‘n Argument het ontstaan waartydens Kershaw etanol oor Kuni uitgegooi en haar aan die brand gesteek het. Kuni is na ‘n hospitaal geneem waar sy aan haar beserings gesterf het.

Kershaw is gearresteer, waarna hy sewe jaar later, in September vanjaar, op aanklagte van moord en brandstigting skuldig bevind en op 14 November gevonnis is.

Kershaw is lewenslank vir moord en drie jaar gevangenisstraf vir brandstigting opgelê.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief