7-jarige in aanval deur hond beseer

Lees ook :

Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Seun (7) is Dinsdagmiddag beseer toe hy deur ‘n St. Bernard aangeval is.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê reaksiebeamptes was op ‘n noodlottige ongelukstoneel in Vincent Dickensonstraat in Canelands toe hulle ‘n groep vroue naby vir hulp hoor skree. Reaksiebeamptes het dadelik reageer en die seun met wonde aan sy regterbeen aangetref. Volgens die seun se familie is hy in die pad deur die hond aangeval.

Die kind is vir sy beserings op die toneel behandel, waarna hy met privaat vervoer na ‘n mediese fasiliteit geneem is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief