Lees ook: Sean ‘P Diddy’ Combs pleit onskuldig, borg afgekeur
Die Amerikaanse kletsrymer, Sean “P Diddy” Combs, het glo ander gevangenes in die tronk se selfone gebruik om moontlike getuies in sy sekshandelsaak te probeer afpers.
Hy het glo sy familielede geskakel en gevra hulle moet moontlike getuies bel om die getuienis wat hulle sou gee op enige manier wat hulle kan te beïnvloed.
Aanklaers het die bewerings gebruik om Diddy se nuutse aanbod vir $50 m. borg af te keur. Die aanklaers het gesê hy het bewys hy kan nie vertrou word om te hou by die reëls en voorwaardes van borg nie en dat hy in aanhouding moet bly.
Bronne: The Independent, BBC, The Hollywood Reporter
Lees ook: Sean ‘P Diddy’ Combs pleit onskuldig, borg afgekeur





