Misdadigers gevonnis wat selfoontorings teiken

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

OOS-KAAP. – Alphios Masangu (38), Lazarus Makhubela (38) en Dion Munyai (37), wat by ‘n uitgebreide provinsiale oorgrens-misdaadnetwerk betrokke was, is elk deur die Gqeberha New Law-hof tot 20 jaar tronkstraf gevonnis. Die beskuldigdes is gevonnis nadat hulle noodsaaklike nasionale infrastruktuur geteiken, het en is ook skuldig bevind aan huisbraak en diefstal.

Luidens ‘n verklaring deur AO Ndiphiwe Mhlakuvana, Valke-woordvoerder, is die verdagtes sedert hul inhegtenisneming in 2019 in aanhouding. Gedurende Maart en April 2019 het dié misdaadnetwerk ’n reeks diefstal- en vandalisme-aksies oor verskeie provinsies uitgevoer, met spesifieke fokus op selfoontorings. Dit het kritiese netwerkoperasies in die Oos-Kaap, Vrystaat, KwaZulu-Natal en Wes-Kaap ontwrig.

’n Inligting-gedrewe ondersoek deur die Valke in Gqeberha het die netwerk se bewegings en werkmetodes onthul. Die verdagtes is op 25 Junie 2019 omstreeks 21:00 met die hulp van Riversdale-polisiebeamptes onderskep. ’n Rooi Volkswagen Golf GTI en ’n wit Ford Ranger-bakkie is geïdentifiseer as voertuie wat in die misdade gebruik is. Tien selfoonbatterye ter waarde van sowat R2000 000 is op die Ford Ranger, later bevestig as gesteel, gevind, terwyl toegangssleutels tot die torings in die Golf GTI gevind is. Die polisie het op beide die voertuie beslag gelê en vyf verdagtes op die toneel in hegtenis geneem. Die drie verdagtes se saak is oorspronklik op 27 Junie 2019 by die Riversdale-landdroshof begin, maar is later na die New Law-hof verskuif.

Op 22 Oktober het die Gqeberha-streekhof die verdagtes gevonnis. Masangu, Makhubela en Munyai is elk 15 jaar gelyklopend vir skade aan noodsaaklike infrastruktuur en vyf jaar vir huisbraak en diefstal, opgelê. Elk van die verdagtes sal effektief 20 jaar direk in die tronk uitdien.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief