Nigerië kry geplunderde bronsbeelde terug

Lees ook :

Foto: Canva

LAGOS. – Switserse owerhede het Maandag 18 Benin-bronsbeelde aan Nigerië terugbesorg tydens ‘n seremonie by die Nasionale Museum in Lagos. Dit is die jongste toevoeging tot die land se groeiende versameling kultuurskatte wat uit die buiteland teruggebring is.

The Guardian Nigerian News berig hierdie terugbesorging is nóg ‘n belangrike mylpaal in Nigerië se pogings om kultuurskatte terug te kry wat gedurende die koloniale tydperk buit gemaak is, veral ná die Britse strafekspedisie teen die Koninkryk van Benin in 1897, toe duisende artefakte uit die koninklike paleis geplunder en oor museums en private versamelings wêreldwyd versprei is.

Lande regoor Afrika beywer hulle die afgelope paar jaar vir die teruggawe van artefakte en kunswerke wat gedurende die koloniale tydperk verwyder is.

Bronne: The Guardian Nigerian News, ENCA.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief