Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant, het sy nasionale sakegids bekendgestel en bied aan die eerste 100 ondernemings ’n gratis besigheidslys in Suid-Afrika – permanent en sonder enige jaarlikse koste.
Die Nuusflits Sakeprofiel is ’n aanlyn gids waarin Suid-Afrikaanse ondernemings hul besonderhede gratis kan laat publiseer. Elke profiel bevat die onderneming se naam, logo, dorp, provinsie en kontakbesonderhede, asook ’n skakel na sy webwerf of sosialemediablad.
Nadat die eerste 100 ondernemings gelys is, sal ’n profiel R495 per jaar kos. Die eerste 100 ondernemings se profiele sal egter permanent gratis bly en sal geen vervaldatum hê nie.
Waarom Nuusflits die nasionale sakegids skep
Nuusflits publiseer daagliks Afrikaanse nuus uit al nege provinsies en bereik lesers in Suid-Afrika se grootste stede én kleinste plattelandse dorpe.
“Klein ondernemings, veral dié op die platteland, sukkel dikwels om aanlyn gevind te word,” sê Jana Engelbrecht, redakteur van Nuusflits.
“Nuusflits bereik reeds lesers in hierdie gemeenskappe. Die sakegids help lesers om plaaslike ondernemings te vind en gee ondernemings terselfdertyd die geleentheid om deur ’n groter gehoor raakgesien te word.”
Die gids is daarop gemik om ’n toeganklike en bekostigbare aanlyn platform vir ondernemings regoor die land te skep. Deur die eerste 100 ondernemings permanent gratis te lys, wil Nuusflits veral kleiner en plaaslike ondernemings help om hul digitale sigbaarheid te verbeter.
Deel jou Nuusflits Sakeprofiel
As deel van die gratis aanbod moet elke onderneming sy gepubliseerde profiel eenmalig op sy eie sosiale media deel en Nuusflits in die plasing merk.
Nuusflits voorsien alles wat daarvoor nodig is. Sodra die profiel gepubliseer is, ontvang die onderneming ’n klaargemaakte beeld met sy logo, ’n skakel na die profiel en die volledige teks wat saam met die plasing gebruik kan word.
Die onderneming hoef dit net te kopieer, te plak en te deel. Dit neem minder as ’n minuut.
Oor Nuusflits
Nuusflits is Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant en publiseer daagliks nuus uit al nege provinsies.
Nuusflits is ’n lid van die Persraad van Suid-Afrika en onderskryf die Perskode vir Etiek en Gedrag vir Suid-Afrikaanse gedrukte en aanlyn media.
Nuusflits voldoen ook aan die vereistes vir ’n aanlyn koerant waarin statutêre kennisgewings gepubliseer kan word. Dit sluit bestorweboedelkennisgewings ingevolge die Wet op Boedelbereddering 66 van 1965 in.
Lys jou onderneming gratis
Suid-Afrikaanse ondernemings wat deel van die eerste 100 gratis profiele wil wees, kan nou aansoek doen.
Lys jou onderneming by Nuusflits-sakeprofiel





