Nuusflits is ‘n nasionale digitale aanlynkoerant wat daagliks nuus aan honderdduisende Suid-Afrikaners lewer: gratis, sonder betaalmuur en toeganklik op enige toestel. Ons publiseer primêr in Afrikaans, met Engelse nuus via ons toegewyde afdeling, The Daily Pod.
As lid van die Persraad van Suid-Afrika publiseer Nuusflits onder die Suid-Afrikaanse Perscode. Dit beteken ons nuus word aan redaksionele standaarde gemeet, ons is aanspreeklik teenoor ‘n onafhanklike klagte-proses en ons lesers kan staatmaak op verantwoordelike, geverifieerde verslagdoening.
Nasionale reikwydte oor al nege provinsies
Nuusflits het bewese reikwydte oor al nege provinsies van Suid-Afrika, bevestig deur Google Analytics. Ons gehoor strek van die grootste metros, Kaapstad, Johannesburg, Pretoria en Durban, tot in sekondêre stede soos Bloemfontein, Gqeberha, Nelspruit en Polokwane en dieper in die binneland na Kimberley, Upington, Kathu en Kuruman.
Hierdie drie-vlak-reikwydte, metros, sekondêre stede en plattelandse en streeksgebiede, is wat Nuusflits onderskei van digitale nuusplatforms wat slegs op stedelike sentrums fokus. Ons is teenwoordig waar baie ander afwesig is.
Ons syfers
Nuusflits se digitale voetspoor is een van die sterkste in Afrikaanse aanlyn media (soos gemeet op die datum van publikasie oor die afgelope 12 maande).
- 442 000+ Facebook-volgelinge oor twee bladsye
- 152 miljoen Facebook views per jaar
- 2.7 miljoen clicks per jaar
- 1.75 miljoen Facebook-betrokkenheid per jaar
- 8.5 miljoen webwerf views per maand
- 2.5 miljoen aktiewe gebruikers
- 20 000+ TikTok-volgelinge
- 2 200 WhatsApp-kanaal lede
Wat Nuusflits publiseer
Nuusflits publiseer daagliks nuus oor Suid-Afrikaanse politiek, misdaad, plaaslike gebeure, ekonomie, sport en vermaak. Weekliks publiseer ons ook wettige regskennisgewings, insluitend boedelkennisgewings, insolvensiekennisgewings en ander statutêre advertensies.
Engelse lesers word bedien deur The Daily Pod, ‘n toegewyde Engelse nuusafdeling op nuusflits.com wat dieselfde standaard van verslagdoening bied as die Afrikaanse hoofpublikasie.
Benewens nuus bied Nuusflits ook verbruikersgidse en gemeenskapskennisgewings, hulpbronne wat daagliks deur tienduisende Suid-Afrikaners gebruik word.
Nuusflits op jou foon
Die Nuusflits-toepassing is beskikbaar op beide die Google Play Store (Android) en die Apple App Store (iOS). Die toepassing bied intydse kennisgewings, maklike navigasie en toegang tot alle nuusafdelings, sonder datatiewe en sonder koste.
Lid van die Persraad van Suid-Afrika
Nuusflits is ‘n geakkrediteerde lid van die Persraad van Suid-Afrika en publiseer onder die Suid-Afrikaanse Perscode. Die Persraad is ‘n onafhanklike liggaam wat redaksionele standaarde handhaaf en ‘n gratis klagte-proses vir lesers bied. Lidmaatskap is ‘n teken van redaksionele integriteit en verantwoordelike joernalistiek.





