PERSVERKLARING. – Rooksein, die gewilde Afrikaanse groep wat in 2018 deur drie studente-vriende van Potchefstroom gestig is, betree ’n nuwe fase in hul musikale reis. Oor die afgelope agt jaar het Rooksein ’n merkwaardige impak op die Suid-Afrikaanse musiekbedryf gemaak. Hul musiek is gesamentlik meer as 45 miljoen keer gestroom en die groep het op van die land se grootste verhoë opgetree.
Soos met enige kreatiewe reis, bring groei en verandering nuwe rigtings mee. Dit word hiermee bevestig dat Megan nie langer deel van Rooksein sal wees nie. Hierdie besluit is deel van ’n natuurlike nuwe seisoen vir die lede, wat elk ook as solo-kunstenaars ’n eie weg vestig.
Megan bly egter ’n integrale deel van die groep se geskiedenis en die grondslag waarop Rooksein gebou is. Haar bydrae tot die groep se sukses en identiteit sal altyd erken en waardeer word.
Rooksein sien uit na hierdie nuwe era en die voortsetting van hul musikale reis, met dieselfde passie en toewyding wat hul ondersteuners oor die jare leer ken het.
- Persverklaring/advertensie





