WES-KAAP. – Die Mosselbaai-munisipaliteit het ‘n openbare waarskuwing uitgereik nadat ‘n ongeïdentifiseerde houer tussen Pinnacle Point en Village on Sea in die see opgemerk is.
Volgens die sosialemediaplasing van die munisipaliteit het Mosselbaai se brand-, reddings- en tampbestuursdienste op die voorval gereageer, maar kon die houer weens ontoeganklikheid nie herwin word nie. Vaartuie in die gebied word aangeraai om uiters versigtig te wees en op die uitkyk te bly, aangesien die houer ‘n moontlike navigasiegevaar kan inhou. Lede van die publiek word ook versoek om waaksaam te wees en enige waarnemings van die houer langs die kus of op see aan te meld.
Enige inligting of besorgdhede kan by 044 606 5000, by die Mosselbaai-munisipaliteit, aangemeld word.





