Ontevrede perdjie raak ikoon vir Chinese jeug

Lees ook :

Fotokrediet: CGTN, Facebook

CHINA. – ‘n Fabrieksfout het ‘n speelgoedperdjie, wat vir die Chinese Nuwejaar (Die Jaar van die Perd) vervaardig is, in ‘n ikoon verander vir die Chinese jeug wat keelvol is vir hulle land se moordende “996”-kultuur.

‘n Werker het per ongeluk die mond van die perdjie onderstebo gestik, wat die speelding se glimlag in ‘n ontevrede frons verander het. Dit het gou ‘n Internet-sensasie geword en die gevoel van ‘n geslag vasgevang wat genoeg gehad het daarvan om van 09:00 tot 21:00 saans te werk, ses dae ‘n week. Dit het vinnig 100 miljoen kyke op die sosialemediaplatvorm Weibo gekry.

“With a face full of resentment and helplessness, it really looks like an employee coaxing themselves to go to work”  het een gebruiker oor die moerige perdjie geskryf.

Winkels kon nie voorbly met die perdjies nie, gevolglik word voorraad gedurig aangevul.

Bronne: ENCA, ABC News, YouTube

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief