‘Onwettige vuurwapens’ by stadswerknemer en nog ‘n verdagte gevind

Lees ook :

Foto's: Kaapstad Metropolisie

WES-KAAP. -Metropolisiebeamptes het tydens twee afsonderlike voorvalle, in Jakes Gerwelrylaan en in Khayelitsha, verdagtes in hegtenis geneem en op beweerde onwettige vuurwapens beslag gelê.

Supt. Ruth Solomons, metropolisie-woordvoerder, sê in ‘n verklaring beamptes is kort ná 12:00 op patrollie in Jakes Gerwelrylaan, naby Bonteheuwel, deur ‘n motoris genader. Die motoris het gesê ‘n vragmotorbestuurder het glo ‘n vuurwapen op hom gerig. Die vragmotorbestuurder is voorgekeer en toestemming is verkry om die vragmotor te deursoek. Daar is op ‘n vuurwapen wat reeds oorgehaal was, met ‘n rondte in die kamer, met twee ekstra magasyne wat 15 rondtes ingehad het, beslag gelê. Daar is op die vuurwapen beslag gelê. Die vragmotorbestuurder, ‘n werknemer van die Stad, is as verdagte in hegtenis geneem en by Bishop Lavis-polisiekantoor aangehou. Die vragmotor is by die metropolisie se skut in Bonteheuwel bewaar.

Gedurende die tweede afsonderlike voorval in Nkanini, in Khayelitsha, het buurt-veiligheidsbeamptes ’n wenk ontvang oor ’n man wat glo in besit van ‘n vuurwapen was. Die verdagte is opgespoor en daar is op ‘n vuurwapen en magasyn in ‘n plastieksak beslag gelê. Die verdagte (28) is op aanklag van die besit van ‘n onwettige vuurwapen in hegtenis geneem en by Makhaza-polisiekantoor aangehou.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief