Papegaaikuikens wat uit eiers gebroei het wat tydens ’n vermeende wildsmokkelpoging onderskep is, kry nou ’n tweede kans.
Die eiers is by die OR Tambo Internasionale Lughawe onderskep as deel van ’n ondersoek na vermeende georganiseerde wildmisdaad.
Volgens die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing is die eiers in geïmproviseerde broeikaste vervoer.
Van die eiers het sedertdien uitgebroei en die kuikens wat oorleef het, ontvang gespesialiseerde sorg.
Minister David Maynier het gesê die saak beklemtoon die omvang en gesofistikeerdheid van onwettige handel in wild.
Die ondersoek na die smokkelpoging duur voort.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: