Paramediese diens en LUR van vervoer in hof oor interdik

Lees ook :

Foto: KZN Departement van Vervoer

KWAZULU-NATAL. – ALS Paramedics het op 23 Februarie ‘n dringende aansoek vir ‘n interdik teen die LUR van vervoer in dié provinsie by die hof ingedien om verdere beweerde lasterlike kommentaar oor hulle bedrywighede te staak. Die LUR wou glo die interdikaansoek van die rol laat skrap, maar die saak sal weer op 4 Mei aangehoor word. Op sy beurt sê Ndabezinhle Sibiya, die woordvoerder van die LUR, Siboniso Duma, die dringende aansoek het in die Pietermaritzburg-hooggeregshof misluk.

Wesley J Rogers, regsverteenwoordiging vir ALS Paramedics, sê die LUR het geweier om sy kommentaar oor die diens terug te trek. Rogers sê voorts die hof het wel bevind dat daar skade aan ALS Paramedics se reputasie is en het die LUR versoek om dokumentasie in te dien om te kan vasstel of die hof tydens die volgende hofverskyning die interdik sal bekragtig, al dan nie. Volgens die dokument van ALS Paramedics se regslui word die LUR se verdediging deur sy kantoor betaal, wat beteken dat belastingbetalers se geld hiervoor aangewend word.

Sibiya sê die saak is voor regter PC Bezuidenthout aangehoor en die hof het geweier om die dringende interdik toe te staan en dat die uitspraak die LUR se regsargumente bevestig. Die LUR beweer dat ALS Paramedics se direkteur en woordvoerder, Garrith Jamieson, die publiek herhaaldelik oor verskeie voorvalle verkeerd ingelig het. In hofstukke word onder meer verwys na ’n ongeluk in Isipingo op 29 Januarie, waar daar glo verkeerde inligting oor die aantal sterftes versprei is. Die departement sou uiteindelik die korrekte syfers bevestig. Daar word ook melding gemaak van ’n skoolvervoer-voorval in Sarnia, Pinetown, op 19 Januarie, waar die aantal beseerdes volgens die departement oordryf is, asook ’n noodlottige botsing op die N3 in Julie 2025 waar beweer is dat verkeerde inligting oor die aantal insittendes in ’n taxi versprei is.

Die hof het die partye die geleentheid gebied om aanvullende stukke teen 26 Maart in te dien.

Lees meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief