Paroolganger in hof nadat hy glo sy vriendin doodry

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

LIMPOPO. – ’n 66-jarige man wat tans op parool is, sal Maandag op ’n aanklag van moord in die Seshego-landdroshof verskyn, nadat hy na bewering sy meisie (56) tydens ‘n rusie met ’n motor doodgery het.

Luidens ‘n verklaring van die provinsiale polisiewoordvoerder, kol. Malesela Ledwaba, het die voorval in Seshego Zone 3 gebeur. Die voertuig is deur die man agtergelaat en hy het probeer vlug.

’n Lid van ’n private veiligheidsmaatskappy het hom in die omgewing opgemerk en die polisie ontbied. Hy is kort daarna in hegtenis geneem. Die vrou is op die toneel dood verklaar.

Ondersoeke het aan die lig gebring dat die verdagte ’n voormalige soldaat is wat ‘n lewensvonnis uitgedien het en gedurende 2022 op parool vrygelaat is. Hy was deur die Polokwane-hooggeregshof gevonnis vir die moord op drie vroue, insluitend sy destydse meisie, wat hy in Westenburg doodgeskiet het..

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief