KWAZULU-NATAL. – Een persoon het gesterf, een is kritiek en nog vier gering beseer toe vier voertuie vanoggend op die R102 naby Mandeni in ‘n botsing betrokke was.
Kelsey-Jae Meyrick van IPSS Medical Rescue en IPSS Search and Rescue het verskeie oproepe vir hulp ontvang. Met aankoms op die toneel is die vier voertuigwrakke aangetref.
Terwyl vier insittendes gelukkig was om net geringe beserings op te doen, moes een persoon wat kritiek beseer was deur ‘n Netcare911-lugambulans na ‘n hospitaal vervoer word. Een persoon is op die toneel dood verklaar.
Die polisie was op die toneel teenwoordig.








