Zimbabwiër op aanklag van twee moorde in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Zimbabwiese burger (29) verskyn vandag op aanklag van twee moorde, op Vosman gepleeg, in die hof.

Kol. Donald Mdhluli sê die verdagte was op 13 Junie in hegtenis en het op aanklagte van sakeroof en ‘n ander saak van die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie in die Emalahleni-landdroshof verskyn, toe hy deur polisielede herken is. Hy is dadelik weer in hegtenis geneem.

Hy sal op aanklag vir die dood van Nkosinathi Mashele (25) en Sunday Nkosi (21) in die hof verskyn. Volgens inligting het hy Nkosi glo op 30 Oktober 2022 by ‘n sakeperseel in Lynville doodgeskiet en vlug sedertdien vir die gereg. Op 12 Februarie het hy glo vir Mashele op Bosman aangerand. Mashele het aan sy beserings beswyk. Hy het vir die gemeenskap, wat hom glo wou aanrand, van die toneel gevlug. In hierdie saak het hy ook van die gereg gevlug.

Mdhluli sê die Vosman-polisie is oortuig hy het moontlik die vuurwapen, waarvoor hy vir die onwettige besit in die hof verskyn, vir Nkosi se moord gebruik, maar die ondersoek is steeds aan die gang.

Daar sal ook tydens die ondersoek vasgestel word of die verdagte nie by nog misdade betrokke was nie.

“Die verdagte se arrestasie sal hopelik vir die families van die slagoffers afsluiting bring.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief