Petrolprys maak braai duurder

Lees ook :

Foto: Ter voorstelling

Suid-Afrikaners se gunsteling-tydverdryf, die braai, raak al duurder soos druk op verbruikers toeneem. Die jongste braai-indeks wys dat pryse van braaibestanddele tussen Maart en April 2026 met 3,2% gestyg het. Dit hoofsaaklik weens brandstofprysverhogings en globale druk wat met die oorlog in Iran verband hou.

Ekonome waarsku verbruikers dat inflasie bo 4% kan styg. Nedbank sê dat hoër energie- en administratiewe kostes, soos elektrisiteit en water, verdere druk op pryse plaas, terwyl die Reserwebank waarsku aanhoudende inflasie kan tot rentekoersverhogings lei.

Volgens ’n verslag van Stats SA het die koste van braai aansienlik oor drie jaar gestyg. Veral die prys van rump steak het ‘n groot toename in prys getoon, van R166,01/kg in 2022 tot R214,45/kg in Desember 2025, wat ’n styging van 29% beteken. Mieliemeel (+20%), tamatiesous (+16%) en varktjops (+13%) het ook duurder geword.

Bier, uie en blaarslaai het positief goedkoper getoon, hoewel dié produkte se pryse seisoenaal wissel.

Die braai-indeks volg pryse van gewilde items soos vleis, groente en basiese bestanddele, en wys hoe inflasie al hoe meer druk op huishoudelike begrotings plaas.

Die vooruitsig vir braai-liefhebbers lyk, met verdere verwagte brandstofverhogings, nie rooskleurig nie.

Bron: STATS SA

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief