Polisie ondersoek noodlottige busongeluk op N12

Lees ook :

Foto: Arrive Alive

NOORD-KAAP. – Die Britstown-polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag ná ’n noodlottige busongeluk wat Donderdag omstreeks 05:20 op die N12 tussen Britstown en Victoria-Wes plaasgevind het. Vier passasiers, twee mans en twee vroue, is op die toneel dood verklaar.

Kol. Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring volgens voorlopige inligting het die bestuurder van ’n Intercity-bus wat van Johannesburg af op pad was, beheer oor die voertuig verloor, waarna dit by ’n brug omgeslaan het. Daar was altesaam 42 passasiers op die bus ten tyde van die voorval. Agt passasiers het ernstige beserings opgedoen, insluitend een volwasse man, ses volwasse vroue en ’n babadogtertjie. Dertig passasiers het ligte beserings opgedoen. ’n Tweede Intercity-bus is ontbied om passasiers verder te vervoer.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief