Polisie ondersoek poging tot moord ná plaasaanval in Makhado

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

LIMPOPO. – ‘n Bejaarde man (68) is glo Maandagaand in Makhado (voorheen Louis Trichardt) deur verdagtes op sy plaas langs die Elim-pad oorval en aangerand. Daar is probeer om hom te skiet, maar die vuurwapen het nie afgegaan nie.

Kol. Malesela Ledwaba, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die voorval het omstreeks 19:30 plaasgevind toe die twee verdagtes die man gekonfronteer het. Die slagoffer het beserings tydens die voorval opgedoen. Die verdagtes het met leë hande van die toneel gevlug. Nog geen inhegtenisnmeings is gemaak nie.

Enigiemand met relevante inligting wat met die ondersoek kan help, word gevra om sers. Tshifhiwa Netshia by 066 263 4915 te bel.

Polisie-ondersoeke duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief