Polisie ondersoek skietery by huis

Lees ook :

Foto: Yusuf Abramjee

GAUTENG. – Wiandre Pretorius het vanoggend (Donderdag) ongedeerd ontsnap, toe daar kort voor 10:00 deur verdagtes by sy huis in die Dawnpark-polisiëringsgebied, Boksburg, op hom geskiet is.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi, woordvoerder van die polisie, sê dat die slagoffer besig was om by sy huis in te ry toe hy deur onbekende verdagtes in ’n wit Toyota Vitz geteiken is. Skote is op hom geskiet voordat die verdagtes gevlug het. Die bakkie van die slagoffer is met koeëlgate deurspek. Die motief van die skietvoorval is tans onbekend. Ondersoek na die voorval is aan die gang.

Lt.genl. Tommy Mthombeni is na die toneel van die skietery, wat as ‘n beweerde poging tot ‘n “sluipmoord” bestempel is. Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord. Pretorius, ‘n polisie-informant, is blykbaar by die Madlanga-kommissie geïmpliseer deur die getuienis van wyle Marius van der Merwe.

Foto: Wiandre Pretorius Facebook

Bronne: SAPD, SABC News, Yusuf Abramjee, Suburban Control Centre, MDN News

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief