Polisie skiet 3 verdagtes in Tlokoeng dood

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

OOS-KAAP. – Drie verdagtes is Sondag tydens ‘n skietery met die polisie in die Tlokoeng-sakegebied dood.

Volgens brig. Nobuntu Gantana, provinsiale polisiewoordvoerder, het skoflede van Tlokoeng-polisiekantoor se gemeenskapsdienssentrum (aanklagtekantoor) omstreeks 14:30 ’n klagte van ’n skietvoorval ontvang. By aankoms op die toneel was lede van die nasionale intervensie-eenheid (NIU) reeds teenwoordig. Drie liggame van mans en drie voertuie, wat glo aan die verdagtes behoort, is op die toneel aangetref.

Voorlopige rapportering dui aan dat die NIU-beamptes op patrollie die verdagtes in ‘n voertuig opgemerk het. Toe die polisie die voertuig nader, is op hulle geskiet. Tydens ‘n oor-en-weer-skietery is die verdagtes noodlottig gewond. Vuurwapens wat vermoedelik in die skietvoorval gebruik is, is in beslag geneem en sal forensies ondersoek word.

Gantana bevestig die insident word deur Opod ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief