WES-KAAP. – Besoekers aan die luukse vakansieplaas Palmiet Vlei, buite Wolseley, was Dinsdagoggend omstreeks 07:30 die slagoffers van ‘n huisroof.
Sers. Frederick van Wyk sê aan Nuusflits die Wolseley-polisie het ‘n saak van huisroof geregistreer. Volgens rapportering het vier verdagtes die huis betree en die die inwoners gedreig. Een van die slagoffers is verskeie kere met ‘n onbekende voorwerp op die kop en in sy gesig geslaan. Hy het beserings opgedoen en is na ‘n hospitaal geneem. ‘n Vuurwapen is tydens die roof gesteel.
Indien jy oor enige inligting beskik wat die polisie met die ondersoek kan help, kan speur.sers. De Klerk by 0798940195 gekontak word.





