Polisiebeampte verdrink terwyl hy verdagte agternasit

Lees ook :

Foto's: SAPD

NOORDWES. – Konst. Gift Mota (25) van Phokeng het Donderdag verdrink terwyl hy aan diens agter ‘n verdagte aan in ‘n dam geswem het.

Luidens ‘n verklaring van polisiewoordevoerder, kol. Adéle Myburgh, het Mota en kollegas inligting ontvang van ‘n verdagte wat glo by rooftog- en huisinbraaksake betrokke is. Die polisiebeamptes het die verdagte in ‘n beboste gebied naby ‘n dam agternagesit. Mota is die water in agter die verdagte aan en het daarna buite sig verdwyn.

Die duikspan is ontplooi en het Mota se liggaam kort daarna uit die dam gehaal. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen om die omstandighede van die insident te ondersoek.

Myburgh bevestig Mota was oorspronklik van Ermelo in Mpumalanga en is gedurende November 2025 na Phokeng oorgeplaas. Genl.maj. Ryno Naidoo het meegevoel teenoor konst. Mota se familie en kollegas uitgespreek. Hy gesê die polisie sal ondersteuning gedurende die moeilike tyd voorsien.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief