GAUTENG. – Panayza Lesufi, die premier van Gauteng het Woensdag om verskoning gevra, nadat hy ‘n opmerking gemaak het dat hy al voorheen tydens watertekorte in ‘n hotel gaan stort het.
Volgens woordvoerder, Sizwe Pamla, was dit nooit die premier se bedoeling om te suggereer dat wateronderbrekings mense verskillend raak nie. “Watertekorte is ’n ongemak vir almal, ongeag sosiale of ekonomiese status,” het Pamla gesê. Lesufi het herbevestig dat die provinsiale regering dringend saam met munisipaliteite werk om waterinfrastruktuurprobleme op te los en betroubare watervoorsiening vir almal te verseker.
Lesufi sê in ‘n verklaring die opmerking kan misverstaan word oor die posisie van ‘n persoon in die gemeenskap.
Lees die verklaring hier onder:






