GAUTENG. – Die polisie by OR Tambo Internasionale Lughawe het hierdie week dwelms met ’n straatwaarde van R2,8 miljoen in beslag geneem.
Volgens brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, is die eerste vangs op 4 Maart by ’n vragpakhuis gemaak, waar Tik ter waarde van R2,2 miljoen, bestem vir die Filippyne, gevind is. Die tweede vrag is op 5 Maart by ’n ander vragpakhuis onderskep, waar agt groot bokse dagga ter waarde van R672 000 ontdek is. Die dagga is uit Marokko na Suid-Afrika gestuur.
Daar is op die dwelms beslag gelê en ‘n ondersoek gaan voort om die handelaars op te spoor.





