Rachel Otte se moordenaars steeds op vrye voet

Lees ook :

Foto: Rachel Otte

WES-KAAP. – Verdagtes in die moord op Rachel Otte (22) word steeds deur die polisie gesoek. Kapt. Frederick van Wyk het aan Nuusflits bevestig daar is tans geen nuwe verwikkelinge in die ondersoek nie.

Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, het voorheen in ‘n verklaring gesê Otte se moord word ondersoek, nadat haar liggaam op 7 November met sigbare beserings in haar woning in Echostraat, Vishoek, aangetref is.

Vriende van die oorledene kon haar nie in die hande kry nie en het ondersoek ingestel, waarna Otte dood in die huis aangetref is. Luidens ’n amptelike verklaring van die Vishoek- SAPD en die Vishoek-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) dui die misdaadtoneel op ’n moontlike inbraak of huisroof.

Inwoners is deur die polisie het versoek om waaksaam te bly, ekstra veiligheidsmaatreëls te tref en enige verdagte bedrywighede by plaaslike owerhede of buurtwaglede aan te meld. Die Vishoek-SAPD het verder ’n beroep op die gemeenskap gedoen om hulle daarvan te weerhou om ongeverifieerde inligting of spekulasie te versprei wat die ondersoek kan bemoeilik.

Die ondersoek duur voort. Enigiemand met relevante inligting kan speur.AO Stafford by 082 469 2563 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief