Pres. Cyril Ramaphosa is weens swak gesondheid tydelik van openbare verpligtinge afgeboek.
Die Presidensie het Woensdag bevestig dat Ramaphosa se mediese span hom aangeraai het om te rus en te herstel. Geen verdere besonderhede oor sy gesondheid is bekendgemaak nie.
Ramaphosa het Maandag na Suid-Afrika teruggekeer nadat hy die BRICS-beraad in Indië bygewoon het.
Volgens die Presidensie het die president die betrokke ministers gevra om hom, waar moontlik, by geskeduleerde openbare geleenthede te verteenwoordig.
Daar is nie aangedui wanneer Ramaphosa na sy openbare verpligtinge sal terugkeer nie.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: