Russiese hommeltuig dood 5 op passasierstrein in Ukraïne

Lees ook :

UKRAïNE – Wolodimir Zelenski, president van Ukraïne, het ‘n Russiese hommeltuigaanval op ‘n vol passasierstrein in die Kharkiv-streek as “terrorisme” bestempel. Ten minste vyf persone is gedood en verskeie gewond.

Die trein het meer as 200 passasiers gehad, toe een van die waens – met 18 passasiers –  deur ‘n hommeltuigaanval getref is. Nog twee hommeltuie het in die omgewing ontplof.

Zelenski het gesê daar is geen militêre regverdiging om burgerlikes te teiken nie.

Rusland het nie op die aanval gereageer nie, alhoewel dit toenemend aanvalle deur hommeltuie en missiele op Ukraïne se energie- en vervoerinfrastruktuur loods.

Miljoene Ukraïeners is sonder water en elektrisiteit in een van die swaarste winters in jare.

Bronne: BBC, The Guardian

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief