Suid-Afrika se sportwêreld het die skielike dood van twee jong sportsterre met skok verneem.
Bafana Bafana-speler Jayden Adams (25) is Saterdag, kort ná sy deelname aan die Wêreldbeker-sokkertoernooi, oorlede. Die rugbystut Luqobo “Bibo” Makwedini (20) het op 10 Julie 2026 gesterf. Makwedini het inmekaargesak weens ‘n vermoedelike hartaanval ná ‘n oefensessie in Frankryk.
Meer besonderhede oor beide atlete se dood is in hierdie stadium nog onduidelik.
Adams, die 25-jarige middelveldspeler, het Suid-Afrika onlangs by die FIFA Wêreldbeker verteenwoordig. Daar het hy sy talent op sokker se grootste verhoog gewys het. Hy het in al drie Bafana Bafana se groepfase-wedstryde tydens die toernooi gespeel, maar was ‘n ongebruikte plaasvervanger in die uitklopwedstryd teen Kanada.
Mamelodi Sundowns het nog nie kommentaar gelewer oor sy afsterwe nie.
Die 20-jarige voorspeler, Makwedini wat liefdevol as Bibo bekend gestaan het, het aan die einde van die oggendsessie by die Stade de la Gayonne onwel geword. Hy is na die hospitaal gehaas en het ’n paar uur later gesterf.
Luidens Franse verslae word vermoed dat hy ‘n hartaanval gehad het. Die presiese oorsaak van sy dood is nog nie amptelik bevestig nie.
Bron: SABC Nuus





