SAPD lê beslag op onwettige goedere van R50 m.

Lees ook :

DURBAN. – Die polisie het tydens landwye Operation Shanela-optredes tussen 1 en 7 Junie op onwettige goedere ter waarde van R50 miljoen beslag gelê.

Dit sluit 90 kg kokaïen ter waarde van R36 miljoen in wat by die Durban-hawe onderskep is.

Altesaam 17 587 verdagtes is landwyd in hegtenis geneem. Van dié verdagtes word 2 549 met ernstige en geweldsmisdade verbind.

Die polisie het ook 2 399 ongedokumenteerde buitelandse burgers in hegtenis geneem.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief