’n Seun, wie se identiteit, skool en die betrokke polisiestasie onbekend is, het na bewering afknouery by sy skool by sy onderwysers aangemeld, maar die gedrag het volgens berigte voortgeduur. Daar word beweer dat die seun daarna die naaste polisiestasie besoek het om ’n saak teen die beweerde afknouers aan te meld.
Hy het glo die voorvalle gedokumenteer met die doel om deursigtigheid te verseker en ander wat daagliks afknouery ervaar, aan te moedig om die reg te gebruik om hulself te beskerm. In die plasing waarin die voorval op sosiale media gedeel is, word die seun vir sy moed geprys en lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens bedank vir hul vinnige reaksie. Verdere besonderhede oor die saak is tans onbekend.
Die voorval word op sosiale media gedeel met lesers wat die jong seun vir sy optrede prys. Indien jy meer van die voorval weet, maak asseblief kontak met Nuusflits.
Bronne: Pretoria Flying News, Skyview MediaInt., Emalahleni Residents/Community -Municipality





