Skep werksgeleenthede saam met EPWP

Lees ook :

Foto: KI-ontwerp

Nie-winsgewende organisasies (NWO’s) wat binne die Overstrand- munisipale gebied sake doen, word aangemoedig om werksgeleenthede te help skep saam met die openbarewerkeprogram (EPWP).

Die uitgebreide program vir openbare werke (EPWP) se nie-staatsektor-program bied kwalifiserende NWO’s die geleentheid om met die Onafhanklike Ontwikkelingstrust (IDT) saam te werk.

Die program se fokusareas sluit in:

  • Kuns- en handwerkprojekte, veral vir persone met gestremdhede
  • Skoonmaak en instandhouding van openbare fasiliteite
  • Skoonmaak, verfraaiing en instandhouding van openbare en oop ruimtes
  • Padinstandhouding, insluitend die skoonmaak van stormwaterkanale en randstene, die herstel van slaggate en grassny
  • Afvalbestuur, herwinning en afvalverwerkingsprojekte
  • Programme teen geslagsgebaseerde geweld
  • Energieverwante projekte
  • Voedselsekerheid en ondersteuningsprogramme vir boerdery

Kwalifiserende organisasies het tyd tot Vrydag 14 Augustus 2026 om 12:00 om hul voorstelle in te dien. Daar word veries dat voorstelle per hand by die betrokke IDT-streekkantoor ingedien moet word en geen aansoeke sal per e-pos of pos aanvaar word nie.

’n Verdere vereiste is dat NWO’s wat aansoek wil doen ’n verpligte inligtingsessie bywoon. NWO’s moet aan die voorgeskrewe vereistes voldoen. Organisasies sal geëvalueer word op grond van nakoming, funksionaliteit en ‘n terreinverifikasie-proses.

Die verpligte inligtingsessie vir die Overberg sal plaasvind op 7 Augustus 2026 by die Moffatt-gemeenskapsaal in Mount Pleasant, Hermanus, vanaf 10:00 tot 13:00.

Organisasies word aangemoedig om van die geleentheid gebruik te maak om hul gemeenskapsprogramme te versterk en terselfdertyd by te dra tot werkskepping en vaardigheidsontwikkeling.

Tendernommers en verdere inligting is beskikbaar op die webwerf van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust (IDT), die Nasionale Tesourie se eTender-portaal, enige sosio-ekonomiese dienstekantoor van die Overstrand-munisipaliteit, of by die Overberg-streekkoördineerder by [email protected], telefoon 028 514 3711 of selfoon 082 336 2875.

Bron: Overstrand-munisipaliteit

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief