OOS-KAAP. – ‘n ANCYL-lid is dood en een gewond in ’n skietery in ’n apteek in die Oos-Kaap.
Die voorval het Saterdag by ‘n apteek in Qumbu plaasgevind en die polisie het ’n soektog na die verdagtes geloods.
Die African National Congress Youth League (ANCYL) in die provinsie het bevestig dat die twee slagoffers hul lede is. Volgens verslae was die drie slagoffers by die apteek om maskers te koop.
Met hulle ingaan by die apteek is skote afgevuur, waarna die slagoffers binne skuiling gesoek het. Nadat die skietery vir ‘n rukkie voortgeduur het, het die verdagte(s) gevlug. Luidens verslae is niks is van die slagoffers of die apteek gesteel nie.
Misdaadtoneel-ondersoekers het verskeie geweerpatroondoppies, projektiele en onafgevuurde koeëls gevind. Geen arrestasies is nog gemaak nie en die verdagte(s) is ook steeds onbekend.
Bron: SABC Nuus





