Brekende Nuus
Nuus

95-petrol meer as R30 per liter – diesel styg tot R33 per liter

Foto: Ter illustrasie

Die nuwe brandstofprys tree Woensdag 7 Oktober in werking. Binnelands kos 93-petrol nou R29,88 per liter, afgerond tot R30, terwyl 95-petrol R30,25 per liter kos, afgerond tot R30. Diesel met ‘n swaelinhoud van 0,05% kos R31,95 per liter, afgerond tot R32, en diesel met ‘n swaelinhoud van 0,005% kos R33,29 per liter, afgerond tot R33. Die dieselpryse is groothandelpryse en nie vaste pryse wat by elke vulstasie dieselfde sal wees nie.

Die prys van 93-petrol styg met R3,12 per liter, terwyl 95-petrol met R3,33 per liter styg. Diesel-0,05% styg met R2,84 per liter en diesel-0,005% met R3,24 per liter. Die grootste styging is dus dié van 95-petrol, wat nou meer as R30 per liter binnelands kos. In die kusgebiede kos 93-petrol R29,09 per liter, afgerond tot R29, terwyl 95-petrol R29,38 per liter, afgerond tot R29 sal kos. 

Diesel-0,05% sal die gebruiker R31,08 per liter, afgerond tot R31 uit die sak ja en diesel-0,005% styg tot R32,03 per liter, afgerond tot R32. Binnelands sal ’n 50 liter-tenk 93-petrol teen die nuwe prys R1 494 kos, terwyl 50 liter 95-petrol R1 512,50 sal kos, afgerond tot R1 513. ’n 50-liter-tenk diesel-0,05% beloop teen die groothandelprys sowat R1 598, terwyl 50 liter diesel-0,005% sowat R1 665 sal kos.

Die departement van mineraal- en petroleumhulpbronne sê die verhogings word hoofsaaklik deur hoër internasionale ruolie- en petroleumprodukpryse veroorsaak. Die gemiddelde Brent-ruolieprys het gedurende die tydperk onder oorsig van 87,89 Amerikaanse dollar tot 101 dollar per vat gestyg. Die departement skryf die styging onder meer toe aan spanning tussen die VSA en Iran, onsekerheid oor die vloei van olie deur die Straat van Hormoes, hoër skeepskoste en laer wêreldwye voorrade. 

Die Slate-heffing het ook met 4,38 sent tot 87,66 sent per liter gestyg. Die rand het effens teenoor die dollar versterk, maar dié voordeel was nie genoeg om die hoër internasionale pryse te neutraliseer nie.

Pryse vanaf 7 Oktober 2026 – afgerond na rand

BrandstofBinnelandsafgerondKusafgerond
93-petrolR29,88R30R29,09R29
95-petrolR30,25R30R29,38R29
Diesel-0,05%R31,95*R32R31,08*R31
Diesel-0,005%R33,29*R33R32,03*R32