Skietvoorval eis vrou, waarna man glo selfdood pleeg

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ’n Vrou en ‘n man is Dinsdag in ‘n skietvoorval en beweerde selfdood by ’n sakekompleks oorkant die Pavillion-inkopiesentrum in Westville, wes van Durban, oorlede.

Volgens die woordvoerder van ALS Paramedics, Garrith Jamieson, is nooddienste omstreeks 12:30 na die toneel ontbied. Ambulans- en veiligheidsdienste was reeds met hul aankoms op die perseel teenwoordig.

Daar word beweer dat ’n huishoudelike geskil tot die voorval gelei het, waartydens die man die vrou geskiet het voordat hy homself noodlottig beseer het. Hy is op die toneel dood verklaar. Die vrou, wat in ’n kritieke toestand was, is deur gevorderde lewensondersteunende paramedici gestabiliseer en na ’n hospitaal vervoer. Sy is onderweg oorlede.

Die polisie was op die toneel en het ’n ondersoek na die omstandighede van die voorval van stapel gestuur.

Nuusflits het kommentaar van die polisie gevra en wag op verdere besonderhede.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief