Skietvoorval op polisieperseel eis lewens, een beseer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Skietvoorval Sondag omstreeks 02:35 in die erf van die Burgersfort-polisiekantoor het ‘n grootskaalse polisie-ondersoek ontketen. ‘n Vrou (28) is gewond en haar man (31) en ‘n vrou (39) het aan skietwonde gesterf.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring polisiebeamptes wat aan diens was het verskeie skote gehoor. Ondersoek is ingestel, waarna die jonger vrou met skietwonde langs die twee voertuie gevind is. Haar man is met skietwonde naby haar aangetref. ‘n Derde slagoffer, ’n vrou, is ook met skietwonde gekry.

Paramedici is ontbied, waarna die man en ouer vrou dood verklaar is. Die jonger vrou is na ‘n hospitaal geneem en ontvang tans mediese behandeling. Voorlopige ondersoek toon dat die oorlede man en die beseerde vrou getroud is. Daar word vermoed dat die man homself geskiet het. Die polisie ondersoek ook die omstandighede rondom die teenwoordigheid van die 39-jarige vrou op die toneel.

Tydens die ondersoek is ’n vuurwapen, ammunisie en patrone op die toneel gevind. Sake van moord, poging tot moord en ’n geregtelike doodsondersoek is geopen.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief