Skoolgemeenskap in skok oor leerling wat sterf

Lees ook :

Foto: Laerskool Colridge

WES-KAAP. – Ivory Josephs (11), ‘n gr. 5-leerling van Laerskool Colridge, is Saterdag 29 November in Pertunialaan naby Toekomsrus VGK Môreson deur ’n voertuig getref en is op die toneel oorlede.

P.J. Adams, die skoolhoof, het Ivory se afsterwe op 1 Desember op die skool se amptelike Facebook-blad bekend gemaak en gesê hulle is deurentyd met die familie in kontak. Vanaf Maandag sou daar daagliks om 08:00 ‘n oomblik van stilte wees en die nasionale vlag sou halfmas hang. ‘n Muntlegging sou ook die week plaasvind om die familie te ondersteun. Volgens Adams het Ivory vanjaar geslaag en sou in 2026 in gr. 6 wees.

Lees die volledige plasing hier onder:

Colridge Primêr Nuus: 1 Desember 2025
‘n Skoolgemeenskap in skok: Ivory Josephs ‘n Graad 5-leerder sterf na voertuig haar tref.

Colridge Primêre Skool het die afgelope Saterdag die tragiese nuus ontvang van die afsterwe van ‘n graad 5-leerder, die 11-jarige dogter, Ivory Josephs.

Die skool het verneem dat sy deur ‘n voertuig getref is in Pertunia Laan, op die hoek by Toekomsrus VGK Môreson, laat Saterdagmiddag, 29 November 2025 en op die ongelukstoneel gesterf het. (Op hierdie stadium bly die skool deurlopend in kontak met die familie aangaande die reëlings en sal dit kommunikeer sodra als gefinaliseer is.)

As skool wil ons ons innige meegevoel en simpatie uitspreek teenoor haar ouers en breë familie met die verlies van hul engelkind. U verlies, is ons verlies, u hartseer is ons hartseer. Ivory, die gordyn het toegemaak op jou aardse lewe wat tot ‘n einde gekom het, maar die gordyn het oopgegaan op die hemelse verhoog waar die ewige (beter) lewe vir jou begin. Geniet dit in die teenwoordigheid van die Allerhoogste ons kind. Jou sitplek is leeg, jou stem sal ons nie meer hoor by CPS nie, maar die mooi herinneringe van jou voetspore sal vir ewig in ons harte bly.

Colridge Primêr bring hulde aan ‘n spesiale, mooi, saggeaarde, unieke en lewenslustige kind, wat bestem is vir baie groter dinge in haar Hemelse Vader se koninkryk.

Die skool sal vanaf môre, daagliks om 8:00 ‘n kersie aansteek en ‘n oomblik van stilte handhaaf ter nagedagtenis van Ivory Josephs. Die Suid-Afrikaanse nasionale vlag sal ook halfmas hang by die skool gedurende hierdie week.

Ons moedig alle lede in ons skoolgemeenskap aan om Ivory Josephs se familie te ondersteun (op enige wyse moontlik). CPS beplan ook ‘n muntlegging vir later die week om Ivory se familie te ondersteun. Inligting in dié verband sal aan ons skoolgemeenskap gekommunikeer word.

Rus sag ons Collie kind, ons gaan jou baie mis. Ons is bly vir die mooi oomblikke wat ons saam met jou kon deel en sal jou nooit vergeet. Vlieg hoog en wees vry soos die wind.

Let wel: CPS het vandag hul finale promosie en progressie vir die 2025 akademiese jaar by die kringkantoor voorgelê en dit is afgeteken deur ons kringbestuurder, Mnr. Kelvin Ellis. Ivory Joseph se P&P status is in die dokumentasie opgeteken dat sy “gereed is vir vordering na graad 6” m.a.w. sy het geslaag, sy het volhard en was suksesvol.

Ons is verskriklik trots op jou Ivory.

Ek groet, jou nou eers met groot hartseer, ons engelkind tot ons eendag weer ontmoet. Dankie Here vir haar kosbare lewe. RIV Ivory.

Mnr. P.J. Adams

Prinsipaal

#CPSwecare — at Oudtshoorn Colridge View. 

See less

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief