Slaggat hou gevaar in by laerskool

Lees ook :

’n Gedeelte van die oppervlak van die Herculesstraat by Du Doitspan-laerskool op die hoek van Frereplek in Beaconsfield is beskadig en hou ’n gevaar vir padgebruikers, skoolkinders en voetgangers in na ’n waterpyp gebars en herstel is.

’n Bekommerde inwoner van Beaconsfield het aan FiND iT gesê: “Die groot slaggat maak my op my senuwees wanneer daar ’n motor van voor aangejaag kom en dan net voor die gat briek, uitswaai of daar deur moet ry. Dit hou ’n gevaar in vir die skoolkinders, voetgangers en motoriste wat die besige pad op ’n daaglikse basis gebruik.”

FiND iT het nie teen die tyd van publikasie nog geen terugvoering ontvang vanaf Sol Plaatje-munisipaliteit om te bevestig teen watter datum herstelwerk sal geskied nie.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief