Inwoners van Overstrand-munisipaliteit mag SMS-boodskappe ontvang van die diensverskaffer Ultimate Traffic Solutions (UTS) rakende onbetaalde verkeersboetes, soos byvoorbeeld:
“OVERSTRAND TRAFFIC: Hi [naam], jou Eerste Kennisgewing vir boete 9000000000 is gereed. Vinnige besigtiging en betaling by https://www.finesonline.co.za/; UTS”
Inwoners het kommer getoon dat die boodskappe ’n moontlike bedrogspul mag wees. Die Overstrand-munisipaliteit sê egter dat hierdie SMS-waarskuwings wettig is.
Die publiek word wel gewaarsku om altyd versigtig te wees, alhoewel die veiligste en vinnigste manier om boetes te verifieer en te betaal, is via die Overstrand-munisipaliteit se webwerf.
• Gaan na www.overstrand.gov.za
• Klik op Pay & Purchase
• Blaai af na View and Pay Traffic Fines (Jy sal jou ID-nommer nodig hê om toegang tot jou boetes te kry)
Alternatiewelik kan inwoners Overstrand-verkeersdienste vir hulp kontak by 028 313 1044 / 8174 / 8173 .
Inwoners word aangemoedig om hierdie amptelike kanale te gebruik om verkeersboetes veilig te verifieer en te bestuur.
Bron: Overstrand-munisipaliteit





