Soektog eindig in tragedie – 2 vroue vermoor ná losprys-eis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Twee vroue wat op Oujaarsaand as vermis aangemeld is, is dood aangetref nadat ’n losprys-eis aan een van die slagoffers se familie gemaak is. Ten spyte van alle pogings om die vroue veilig terug te kry, is hulle liggame op 8 Januarie op ‘n kleinhoewe in Poortjie, naby Orange Farms, ontdek. Vyf verdagtes is op aanklagte van kaping, ontvoering en moord in hegtenis geneem.

Volgens polisiewoordvoerder, kol. Dimakatso Nevhuhulwi, is die saak van ‘n vermiste persoon na kaping en ontvoering verander nadat ’n losprys-eis aan die ma van een van die slagoffers gemaak is. ’n Grootskaalse soektog is van stapel gestuur om die vroue op te spoor en te red. Hulle gedeeltelik ontbinde liggame is in ‘n oop veld aangetref.

Vyf verdagtes is Dinsdag in hegtenis geneem, vier in Evaton en nog een in Germiston. Tydens die ondersoek is ’n ongelisensieerde vuurwapen gevind, wat nou aan ballistiese toetse onderwerp sal word om te bepaal of dit in die misdade gebruik is. Ondersoekers het ook die vroue se voertuig in Brits opgespoor, waar dit by ’n motorwassery agtergelaat is. Die voertuig was met vals nommerplate toegerus, hoewel die lisensieskyf eg was.

Al vyf verdagtes sal na verwagting Donderdag in die Vereeniging-landdroshof verskyn.

Lt.genl. Tommy Mthombeni, die provinsiale polisiekommissaris, sê ‘n intelligensie-gedrewe ondersoek het tot ’n deurbraak gelei. Die polisie het hul meegevoel met die families van die twee vroue betuig en beklemtoon dat misdade teen vroue, veral sake waar slagoffers vermis raak, ’n prioriteit bly.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief