GASASTAD. – Volgens die lykshuis by die Shifa-hospitaal is sowat 32 mense, onder wie 12 kinders, Saterdag in Israeliese aanvalle op Gasastad oorlede.
Lees ook: Families van gyselaars sê Netanyahu is ‘enigste struikelblok’ in geliefdes se vrylating
Israel het meer aanvalle op Gasastad geloods vóór die weermag se offensief om die gebied oor te neem en het verskeie hoë geboue vernietig terwyl dit Hamas beskuldig het daarvan dat hulle die geboue via kameras dophou.
Die Israeliese weermag het weer inwoners beveel om die gebied onmiddelik te ontruim.
Bronne: NBC News, ABC News, PBS News
Lees ook: Families van gyselaars sê Netanyahu is ‘enigste struikelblok’ in geliefdes se vrylating