Spar-groep waarsku oor massiewe winsdaling

Lees ook :

Foto ter voorstelling

SPAR het Vrydag ’n handelsverklaring (SENS-aankondiging) uitgereik waarin die groep se prestasie vir die 26 weke tot 27 Maart 2026 uiteengesit is.

Die verslag toon ‘n verlaging in die groep se halfjaarwinste en wesensverdienste per aandeel.

Die Spar-groep skryf die verlaging van sy halfjaarwinste toe aan faktore soos hoë bedryfskostes.

Verder is die voortslepende nagevolge van die implementering van die maatskappy se nuwe sagtewarestelsel by sy KwaZulu-Natal-verspreidingsentrum as rede aangevoer. Dit, volgens ’n verslag uitgereik deur dié kleinhandelreus, het logistieke kapasiteit beperk en bedryfskoste opgestoot.

Onbevredigende verkope en ‘n verlies aan winsgrense in Suider-Afrika word verder vererger deur hoër brandstofkoste, swakker winkelinflasie as verwag, en swak besteding aan “Black Friday”-promosies.

Die aandeelprys het daarna skerp getuimel. Beleggers is ná die bekenstelling van die handelsverklaring gewaarsku dat sy halfjaarwinste en wesensverdienste met tot 60% per aandeel (HEPS) kan daal.

Hierdie nuus het die aandeelprys verder onder druk geplaas in ‘n reeds moeilike dag vir die kleinhandelsektor.

Spar (JSE-kode: SPP) se volledige finansiële resultate vir die halfjaar sal na verwagting op 10 Junie 2026 bekend gemaak word.

Bron: Moneyweb

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief