Brekende Nuus
Rugby

Springbok-span vir Baltimore: Erasmus maak twee veranderings

Rassie Erasmus het die Springbok-span vir Baltimore aangekondig met twee veranderings. Damian Willemse en Morne van den Berg begin in die beslissende reekstoets teen die All Blacks.

Springbok-spanaankondiging vir die toets teen die All Blacks in Baltimore
Die Springbok-span vir die beslissende reekstoets teen die All Blacks in Baltimore. Foto: Verskaf

Rassie Erasmus het Maandag die Springbok-span vir Baltimore aangekondig en slegs twee veranderings aangebring aan die vyftien wat die All Blacks verlede naweek in Johannesburg geklop het. Saterdag se wedstryd in die M&T Bank Stadium is die beslissende toets van die Castle Double Malt Rugby’s Greatest Rivalry-reeks.

Damian Willemse vervang die beseerde Cheslin Kolbe op heelagter, terwyl skrumskakel Morne van den Berg na die beginspan bevorder is.

Twee veranderings aan die Springbok-span vir Baltimore

Ná die Bokke se dapper vertonings in die afgelope twee wedstryde, waarmee hulle ‘n voorsprong van 2-1 in die vier-toetsreeks opgebou het, het Erasmus besluit om kontinuïteit met sy spanseleksie te behou terwyl die Springbokke poog om die reeks in die VSA te beklink.

Van den Berg begin op skrumskakel, met Cobus Reinach wat na die plaasvervangersbank skuif.

‘n Oorwinning vir die Springbokke sal verseker dat hulle die eerste uitgawe van die kompetisie wen, terwyl ‘n All Blacks-oorwinning sal beteken dat die reeks gelykop eindig nadat Nieu-Seeland die eerste wedstryd gewen het.

Kolbe, wat verlede naweek beseer van die veld in die FNB-stadion is, was een van ses spelers wat in Suid-Afrika agtergebly het toe die span na die VSA vertrek het. Lees ook: Gebreekte kakebeen laat Cheslin Kolbe tuisbly.

Die Springbokke sal ná die wedstryd direk van die VSA na Australië reis vir hul eenmalige toets teen die Wallabies in die Optus Stadium in Perth op Sondag 27 September.

Erasmus: “Die span is goed gevestig”

“Ons voel dat die span goed gevestig is en al die spelers het hul onderskeie rolle in die afgelope twee wedstryde goed vervul. Daarom glo ons dit maak sin om dieselfde wedstryddaggroep te kies en Damian weer in sy gewone posisie te laat speel vir die laaste wedstryd van die reeks,” het Erasmus gesê.

“Hierdie spelers weet ook presies wat om van ‘n baie vasberade All Blacks-span te verwag. Hulle sal alles gee om die reeks hierdie naweek gelykop te maak.”

Oor Willemse en Van den Berg se insluiting in die beginspan het Erasmus gesê: “Damian het die eerste twee toetse begin en as dit nie vir ‘n klein besering verlede week was nie, sou hy ook daardie wedstryd begin het. Dit is dus goed om hom terug te hê.

“Hy is ‘n gehaltespeler en ken die spelers rondom hom baie goed, so vir hom gaan dit eenvoudig daaroor om voort te gaan waar hy voor verlede week opgehou het.

“Morne het intussen ‘n fantastiese impak gemaak toe hy verlede week op die veld gekom het en hy verdien die geleentheid om te begin. Cobus skuif dus na die bank, waar hy ervaring en vaardigheid in hierdie belangrike wedstryd sal toevoeg.”

“Ons is vasbeslote om die reeks sterk af te sluit”

Erasmus verwag dat die All Blacks hierdie naweek met mening sal terugslaan, maar sê sy span is gereed vir nog ‘n groot stryd.

“Ons het die All Blacks nou drie weke agtereenvolgens aangedurf en, net soos ons, is hulle ‘n trotse span wat verlede week gewys het dat hulle tot met die eindfluitjie sal aanhou veg. Ons verkeer dus onder geen wanindruk oor die omvang van die uitdaging wat hierdie naweek op ons wag nie.

“Ons is egter ewe vasbeslote om die reeks sterk af te sluit en alles te gee om die trofee te lig, en die spelers sien uit na die wedstryd.

“Ons twyfel nie dat dit weer ‘n epiese kragmeting gaan wees wat ‘n volle 80-minute-poging op aanval en verdediging sal verg nie. Ons sal die spelers hierdie week goed bestuur om seker te maak hulle is fisiek en geestelik gereed vir Saterdag.”

Die Bokke het die derde toets by die FNB-stadion 29-22 gewen. Lees ook: Springbokke klop die All Blacks 29-22 en neem 2-1-reeksvoorsprong.

Die wedstryd skop om 23:00 Suid-Afrikaanse tyd (17:00 EDT) af en sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

Springbok-span teen die All Blacks in Baltimore

Beginspan:

15 Damian Willemse (DHL Stormers) – 54 toetse, 76 punte (8d, 9v, 4s, 2sk)
14 Kurt-Lee Arendse (Mitsubishi Dynaboars) – 34 toetse, 130 punte (26d)
13 Jesse Kriel (Canon Eagles) – 93 toetse, 125 punte (25d)
12 Damian de Allende (Wild Knights) – 102 toetse, 60 punte (12d)
11 Ethan Hooker (Hollywoodbets Sharks) – 12 toetse, 10 punte (2d)
10 Sacha Feinberg-Mngomezulu (DHL Stormers) – 23 toetse, 184 punte (9d, 47v, 15s)
9 Morne van den Berg (10bet Lions) – 9 toetse, 25 punte (5d)
8 Jasper Wiese (Urayasu D-Rocks) – 48 toetse, 20 punte (4d)
7 Pieter-Steph du Toit (Toyota Verblitz) – 101 toetse, 70 punte (14d)
6 Siya Kolisi (kaptein, DHL Stormers) – 106 toetse, 75 punte (15d)
5 Ruan Nortje (Kubota Spears) – 23 toetse, 5 punte (1d)
4 Eben Etzebeth (Hollywoodbets Sharks) – 145 toetse, 45 punte (9d)
3 Wilco Louw (DHL Stormers) – 34 toetse, 10 punte (2d)
2 Malcolm Marx (Kubota Spears) – 92 toetse, 140 punte (28d)
1 Ox Nche (Hollywoodbets Sharks) – 51 toetse, 0 punte

Plaasvervangers:

16 Deon Fourie (DHL Stormers) – 15 toetse, 10 punte (2d)
17 Gerhard Steenekamp (Vodacom Bulls) – 22 toetse, 10 punte (2d)
18 Thomas du Toit (Hollywoodbets Sharks) – 36 toetse, 10 punte (2d)
19 Lood de Jager (Wild Knights) – 76 toetse, 25 punte (5d)
20 Andre Esterhuizen (Hollywoodbets Sharks) – 34 toetse, 30 punte (6d)
21 Cameron Hanekom (Vodacom Bulls) – 5 toetse, 5 punte (1d)
22 Cobus Reinach (DHL Stormers) – 56 toetse, 100 punte (20d)
23 Manie Libbok (Kintetsu Liners) – 33 toetse, 143 punte (2d, 47v, 13s)

Springbokke se rekord teen Nieu-Seeland

Gespeel: 113
Gewen: 45
Verloor: 64
Gelykop: 4
Punte vir: 1 928
Punte teen: 2 352
Drieë gedruk: 188
Drieë afgestaan: 261
Wenpersentasie: 39,8%

Statistiek en feite

  • Eben Etzebeth verbeter sy rekord as die Springbok met die meeste toetswedstryde verder wanneer hy sy 146ste toets speel.
  • Die lostrio van Siya Kolisi, Pieter-Steph du Toit en Jasper Wiese begin hul 19de toets saam en verbeter sodoende die rekord wat hulle verlede week opgestel het toe hulle Francois Louw, Willem Alberts en Duane Vermeulen se 17 gesamentlike beginte verbygesteek het.
  • Die Springbokke het nog net drie toetswedstryde in die VSA gespeel. Hulle het die VSA in 1981 met 38-7 en in 2001 met 43-10 geklop, terwyl hulle in 2018 in Washington DC met 22-20 teen Wallis verloor het. Dit was Erasmus se eerste toets as hoofafrigter.
  • Dit sal die eerste Springbok-toets in die geskiedenis wees wat in Baltimore gespeel word.
  • Jasper Wiese benodig ná hierdie wedstryd nog net een toetsverskyning om by die groep spelers aan te sluit wat 50 toetse vir die Springbokke gespeel het.
  • Die Springbokke het sewe van hul laaste nege wedstryde teen die All Blacks sedert Augustus 2023 gewen.
  • Die Rugbywêreldbeker van 2031 word in die VSA aangebied.
  • Die beginspan het ‘n gesamentlike 927 toetswedstryde se ervaring. Die agterlyn het 327 toetse tussen hulle en die voorspelers 600, terwyl die spelers op die plaasvervangersbank ‘n verdere 277 toetse se ervaring bydra.
  • Die gemiddelde aantal toetswedstryde per speler in die agterlyn is 47, die voorspelers gemiddeld 75 en die spelers op die bank gemiddeld 35.