Brekende Nuus
Rugby

Springbokke benut kanse vroeg teen All Blacks in Kaapstad

Die Springbokke het ’n veel beter begin teen die All Blacks in Kaapstad gemaak, met Damian de Allende en Jesse Kriel wat vroeg drieë gedruk het.

Twee vliegtuie vlieg oor DHL-stadion voor die afskop van die toets tussen die Springbokke en die All Blacks in Kaapstad
Twee vliegtuie vlieg oor DHL-stadion voor die afskop van die toets tussen die Springbokke en die All Blacks in Kaapstad. Foto: Johan Maree, Nuusflits

KAAPSTAD – Dit verloop dié week heelwat beter vir die Springbokke teen die All Blacks in Kaapstad, met die tuisspan wat sy geleenthede vroeg in die tweede toets doeltreffend benut het.

Ná byna 25 minute se spel het die Bokke twee drieë teenoor die All Blacks se een gehad. Suid-Afrika het dié keer punte aangeteken wanneer hulle diep in die besoekers se 22 gekom het.

De Allende en Kriel druk drieë

Die Bokke se senterpaar, Damian de Allende en Jesse Kriel, het albei oor die doellyn geduik en Suid-Afrika sodoende ’n veel beter begin as verlede week gegee.

Die All Blacks het reeds ’n paar belowende aanvalle op die been gebring, maar kon nie elke kans afrond nie. Dit is juis die verskil wat die tuisspan in die openingskwartier bevoordeel het. ‘n Paar ongeforseerde foute laat dadelik die All Blacks terugkom. Kolbe skop die bal direk uit van die kant van sy stewel en van die lynstane en paar gemiste duikslae het die All Blacks oorgegaan en ‘n drie gedruk.

Krag op die bank

Daar is boonop nog heelwat krag op die Springbokbank, met verskeie van die groot manne wat later in die wedstryd ingebring kan word. Vir eers lyk dit of die Bokke hul kanse vat wanneer dit saak maak.

Tweede toets van vierwedstrydreeks

Die wedstryd by DHL-stadion is die tweede toets van die Castle Double Malt Rugby’s Greatest Rivalry-reeks. Die All Blacks het die openingstoets verlede Saterdag met 33-16 in Johannesburg gewen, wat beteken Suid-Afrika moet in Kaapstad wen om die vierwedstrydreeks gelyk te maak.

Die toets is ook ’n mylpaalgeleentheid vir kaptein Pieter-Steph du Toit, wat sy 100ste toets speel en so die 11de Springbok word wat die kerf bereik. Loskopstut Ox Nche speel sy 50ste toets.

Lees ook meer oor die spanaankondiging vir die tweede toets, Siya Kolisi se fiksheid en die Springbokke se voorbereiding voor die wedstryd.

Foto: Johan Maree, Nuusflits