Taxi’s in Kaapstad groet kontant

Lees ook :

Foto: Businesstech

Die Cape Organisation for the Democratic Taxi Association (Codeta) het ‘n nuwe kontantlose betaalstelsel aangekondig.

Vanaf 1 Junie sal dit van pendelaars verwag word om kaarte te gebruik wat geskandeer word wanneer hulle in die taxi’s klim.

“Ons stel ‘n nuwe kontantlose stelsel in ons taxibedryf bekend. Ons kliënte sal nou kaarte gebruik wat hulle skandeer wanneer hulle in ons voertuie klim,” het Nceba Enge, voorsitter van Codeta, gesê.

Enge sê dit is juis om kliënte te beskerm.

Hy het bygevoeg dat daar ook kameras in die taxi’s geïnstalleer sal word as deel van die nuwe stelsel om veiligheid en aanspreeklikheid binne die bedryf te verbeter. Enge voorsien dat die oorskakeling na hierdie nuwe tegnologie dalk uitdagings sal inhou tydens die vroeë fases van implementering.

Sommige pendelaar verwelkom die nuwe betaalstelsel, maar daar heers ook kommer oor hoe dit in die praktyk gaan werk.

Esethu Saliwa, ‘n taxipendelaar het taxibestuurders aangemoedig om geduldig te wees met passasiers terwyl hulle by die nuwe stelsel aanpas.

“Hierdie stelsels sal uitdagings hê, en soms sal die toestelle dalk nie skandeer nie. Taxibestuurders moet versigtig en geduldig met pendelaars wees,” het Saliwa gesê.

Bron: Businesstech

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief