Texas deur 4 aardbewings in minder as 12 uur getref

Lees ook :

Texas deur vier aardbewings getref in minder as 12 uur fotokrediet; Canva

TEXAS, VSA. – Texas is gister in minder as 12 uur deur vier aardbewings, die grootste 4.6 op die Richterskaal, getref.

Lees ook: Aardbewings op Griekse eiland duur voort

Die eerste aardbewing, wat 2.9 op die Richterskaal gemeet het, het Maandagaand om 23:00 voorgekom. Nog een, ’n 3.4-aardbewing, het 03:00 Dinsdagoggend getref en die derde een, met ’n sterkte van 2.5, het om 05:30 getref.

Die laaste aardbewing, die een met ‘n sterkte van 4.6, het die oggend om 07:00 voorgekom.

Hierdie aardbewings volg na ’n 5.0-aardbewing op 15 Februarie, met die episentrum net 40 myl noord van die nuutste vlaag aardbewings.

Geen skade of beserings is aangemeld nie.

Volgens die United States Geological Survey is daar ’n 39%-kans op nog ’n 3.0-aardbewing of naskok in die volgende week en ’n 12%-kans van nog ’n 4.0-aardbewing of erger. Daar is ’n 2%-kans dat ’n aardbewing met ‘n sterkte van 5.0 kan voorkom.

Bronne: Daily Mail, Newsweek, NY Breaking

Lees ook: Aardbewing van 4.0 tref Delhi

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief