SANTORINI, GRIEKELAND. – Aardbewings word steeds op die gewilde eilandbestemming Santorini in Griekeland aangemeld. Sedert 1 Februarie het reeds meer as 800 aardbewings, wat hoër as drie op die Richterskaal meet, in die omgewing voorgekom.
Lees ook: 5.2-aardbewing tref naby Griekse eilande
‘n Noodtoestand is verlede week op Santorini verklaar na ‘n 5.2-aardbewing naby in die Egeïese See voorgekom het. Saterdag is 11 trillings met ‘n intensiteit van 4 op die Richterskaal gemeet.
Meer as 11 000 mense is ontruim, met ekstra vlugte en veerbote wat gereël is. Nog geen erge skade of sterftes is aangemeld nie.
Bronne: Daily Mail, Turkiye Today, BNO News
Lees ook: 5.2-aardbewing tref naby Griekse eilande





