Top Gear van kassie verwyder na 33 seisoene

Lees ook :

Top Gear van kassie verwyder na 33 seisoene
Top Gear van kassie verwyder na 33 seisoene fotokrediet: Canva

Lees ook: KZN-wildbewaarder dood na aanval deur seekoei

Die BBC het aangekondig die populêre reeks, Top Gear sal na 33 seisoene nie na die kassie terugkeer nie. Dit volg na die aanbieder Freddie Flintoff in 2022 in ’n ongeluk betrokke was.

Flintoff moes verlede Desember in ‘n hospitaal opgeneem word na ’n hoëspoedongeluk by die Dunsfold Park-vliegveld in Surrey tydens die verfilming van Top Gear. Flintoff was voorheen ook in ’n ongeluk tydens ’n wedren met sy twee mede-aanbieders, Chris Harris en Paddy McGuinness. Die BBC het Flintoff om verskoning gevra vir die ongeluk en het ’n finansiële skikking met hom bereik.

Die besluit om Top Gear te kanselleer, is deur die BBC geneem ná die bevindings van ’n gesondheid-en-veiligheidsondersoek. Besonderhede van die bevinding is onbekend.

Bronne; The Guardian, Cape Talk, New York Times, BBC

Lees ook: KZN-wildbewaarder dood na aanval deur seekoei

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief