INTERNASIONAAL. – Volgens die VSA-president, Donald Trump, het hy die Russiese president, Wladimir Poetin, oortuig om vir ‘n week lank nie aanvalle deur missiele en hommeltuie op Kijif fen ander stede in Ukraïne te loods nie.
Volgens die BBC het Rusland se aanvalle op Ukraïne se energie-infrastruktuur in intensiteit en frekwensie toegeneem, soos die strategie in tye van uiterse koue sedert die begin van die oorlog in Feb. 2022 was. Temperature van tot -24C word sedert gister ervaar en sal ten minste vir die volgende week voortduur. Miljoene Ukraïeners is sonder elektrisiteit en water.
President Wlodimir Zelenski het die besluit verwelkom, alhoewel nog gesien moet word of Poetin by sy voorneme gaan hou. Alarms oor lugaanvalle het gisternag in vier Ukraïense streke afgegaan.
Bronne: BBC, Axios





